top of page

Vakansietyd en Troeteldierhotelle

  • Writer: Dr. Henri Olckers BVSc
    Dr. Henri Olckers BVSc
  • Oct 22
  • 1 min read

Vakansietyd is gewoonlik ‘n tyd van opwinding en vreugde vir ‘n mens maar vir troeteldiere kan dit baie angstigheid en stres veroorsaak, veral as hulle alleen agter moet bly.

As hulle nog boonop by ‘n troeteldierhotel ingeboek word, kan die vreemde omgewing nog verder bydrae to angs.

ree

Daar is wel ‘n paar goed wat jy as eienaar kan doen om jou troeteldier se stresvlakke te verminder.


  1. Doen jou huiswerk ordentlik voordat jy ‘n troeteldierhotel kies. Moet nie net die naaste of goedkoopste hotel kies nie. Indien moontlik, gaan kyk vooraf na die hotel, besoek hulle webtuiste of Facebook-blad of gaan kyk na hulle resensies. Kies die hotel waarmee jy die gamaklikste voel. Kyk na die fasiliteite, higiȅne, die speelareas ens.  Party hotelle het selfs kameras was gereeld die eienaars opdateer.

  2. Pak vir die vakansie wanneer jou troeteldier nie by of naby is nie. As jy in die teenwoordigheid van jou troeteldier pak, kan dit stress veroorsaak.

  3. Spandeer ekstra kwaliteit tyd saam met jou troeteldier in die weke of dae voor jy vertrek.

  4. Neem hulle gunstelling speelgoed, kombers of selfs ‘n ou klerestuk soos ‘n t-hemp saam. Hierdie voorwerpe kan jou troeteldier gemakliker en rustiger laat voel.

  5. Laat weet die hotel indien jou troeteldier enige spesiale kos, medikasie of aandag nodig het.

  6. Laat weet ook die hotel of jou troeteldier sekere roetines het soos etenstye, speeltye of slaaptye. Om by hierdie roetines te bly, kan ook met angstigheid help.

  7. Laastens, kan jy ook met jou veearts gesels oor medikasies of natuurlike produkte wat met angstigheid kan help.

 

Dr Henri Olckers

bottom of page